Monday, September 27, 2010

Naweek van die Culture Clash.

Goeie naand.

Ek sit en tik hierdie blog entry uit my flat in die kaap waar ek sit en terugdink oor een van die beste naweke
van 'n lang tyd. Ek en George het sopas "Get him to the greek" gekyk , awesome movie, en nou luister ek maar na "Rockstar" van Nickelback en
wonder maar net oor wat hy rerag bedoel met daai lirieke en wonder of tong in die kies sarkastiese lyrics nie meer die punt van die song was nie.

Maar terug na die dinge wat meer saakmaak.
Donderdag middag so uur na ek en George eintlik wou verlaat vir stellenbos het ek buite gestaan en gewag vir hom toe daar 4 vliegtuie met liggies op die vlerke met 'n groot geraas
oorkop gevlieg het en gevolg is deur 5 ander wat in mooi formaat gevlieg met liggies meer helder as die wat voor hul gekom het, ek het hierdie gevoel gekry asof hulle die opening ceremony was vir 'n naweek vir die boeke.
Die band het die naweek saam spandeer in stellenbos saam in Johan se flat.
Ons was gejoin deur Herman een van die band se beste vriende en 'n paar meisies wat agter ons staan as dinge begin hand uitruk, en soms ons net van die wal af in die sloot in help, maar dis als "in the good name of Rock n Roll."

die eerste aand het ons Foto na dans gaan kyk in klein libertas en na die tyd biekie geparty daar maar
als het goed uitgedraai op die einde en almal was oraait die volgende oggend toe 3 ouens en een meisie wakker geraak het in dieselfde kamer met die vroeg oggend son wat deur die ruite kom
en kort daarna johan se interresante oggend gesig wat ons almal groet uit sy kamer.
Braai dag was gevuur met breakfast by Bohemia net voor ons 5h bandpractice by Tunes, en die aand later het ons tog attempt om 'n stuk wors te braai, wat ek anyway moes handle aangesien niemand anders rerag in staat was om te braai nie... meaning skills.

Saterdag 25 September :

Die dag van die Tunes gig by Hidden Cellar waarna ons al 'n ruk uitsien.
Ons het nie mense in 'n ry sien staan buite nie en ons was nie aangeval deur klomp mense met kameras en penne en papier nie maar ek het hierdie gevoel oor my gehad
dat ek geweet het hierdie aand gan fokken awesome wees. en dit was nie net omdat ons te laat was om net daai biekie te dronk te raak om te speel nie maar daar was net 'n ander atmosfeer in die lug wat
graag wou uitbreek oor die mense in daai venue daai aand. En die aand het toe glad nie teleurgestel nie.
Ons het die eer gehad om die awesome band Chaos on the sun te check , en dis nie omdat ek gewoon het saam met die 2 members nie maar hulle is een van die
mees underrated bands in die land, enigeiemand wat rerag into rock n roll en proper music met attitude is, behoort hierdie band te sien.
ons het ook emboldened en die alive drum & bass trio gesien wat nogal my mind geblow het, 'n ongelooflike drummer, bassist en 'n dude op 'n synth wat live drum n bass maak dat tot ek en george begin groove het op dit,en ons is nie rerag die tiepe wat dans nie maar kon net nie dit resist nie, weet nie of dit die drinks was na ons gejam het wat dalk toe saam met die love for music was wat kleur begin wys het nie.

Ons show was ook befok gewees, afgeskop met 'n intro wat almal stadig nader getrek het soos dit nader aan die set gekom het , en mens begin besef , "fok nou is ek in hierdie show en daar is no turning back , so kom ons rock net die motherfucker fucked up." en om te sien hoe die mense dit geniet vanuit die die beste seat in die venue was rerag iets om te beleef. Ons het wel nie 'n bra op stage gekry soos die laaste gig by die robertson fest nie , maar dit was een om te onthou.
later die aand na dronk geselsies op badkamer vloere , coffee tequila , mystics , en toe bohemia se deure ons op die ass slaan is ons deur die drivethru waar colenel burgers en vele meer ook bestel is maar nooit gekry is nie is ons terug na Johan se flat toe en The Rolling Stones het nog nooit die ecstacy van die aand so gevoed soos toe nie, Ongelukkige housemates sal seker nie verstaan nie maar
daar was geen stop aan die gees wat die aand in ons gesit het nie.

Sekere Indie kids sal seker nie saamstem dat die aand almal se cup of tea was nie maar in die geval moet hul maar hul cup of tea geniet terwyl ons nog n black label sal afsluk.
Sondag oggend of wel laat oggend / vroegmiddag het afgeskop met die soektog na kos wat mens effe beter sal laat voel oor jouself en meskien die ongesonde vuil gevoel in jou lyf en in jou are kan beter maak, maar dit was n fail. Zebros het toe maar gedoen wat dit kon aan die gevoel , maar die gevoel van die show en naweek wat reeds verby is kon dit nie beter maak nie want dit was net biekie te great.

en toe na ‘n onderbroek van ‘n lyf verwyder is sonder om die broek te verwyder en stay soft oor vreemdelinge se karre en my broek en skoene het ons almal terug gekeur vir 'n nuwe week wat voorle.
As die lewe maar net kon gebly het soos die naweek sal ons almal baie gelukkiger gewees het, oh well "We all just wanna be big Rockstars."
Maar daar is altyd volgende naweek om na uit te sien.

Jan Die Gun.

Tuesday, August 3, 2010

Nuwe Material , Cherrypop en die idee van 'n EP.

Dis vroeg vroeg in die oggend en ek het besluit dis dalk tyd om weer iets op Die Gunstons se blog te skryf aangesien hy nou al stil is vir 'n lang tyd, Nie dat ek dink daar is menigde mense wat dit actually lees nie maar ek weet van so paar so ek skryf maar iets vir hulle .
In die laaste tyd het ons 'n paar gigs gespeel by 'n paar plekke en dit was nie te kak gewees nie, lekker eventvol gigs gehad en na dit was daar weer 'n effe van 'n stilte toe van die manne in die band die xamz aangevat het en ek en george toe meeste van ons tyd spandeer het om biekie an ons ou songs te werk en nuwe material het ook die lig gesien wat met die help van die res van die band tot die lewe gebring is. Van Die nuwe material het heel goeie feedback gekry van close vriende van ons af en mense wat ons ken wat ons dit voor gespeel het en glo van die songs gan nog 'n ver pad gaan, maar ons sal maar sien wat gebeur , ek ,vir een , is baie positief.

In die laaste paar maande het die reel van gigs en die praat met venues nogal overwhelming geraak vir my en die res van die band aangesien almal ander dinge ook het wat in hul lewens angan en ek werk elke dag, en ons het toe belsuit dat dit sal maybe 'n goeie idee wees om iemand wat die industry so biekie ken en baie contacts het ook onboard te bring met Die Gunstons, Martinette van Cherrypop Band & Event management het toe in kontak gekom met ons, het biekie die band bespreek en gepraat oor wat ons soek en wat sy ons kan bied.
handtekeninge het die papier gesien en ons het nou officially a booking agent en dinge lyk of dit gaan begin optel, Ons het 'n paar groot gigs wat opkom in die volgende tyd en hoop wel om van julle daar te sien , Ons speel Vrydag 6 Aug Mercury Live saam met The Great Apes en Still to Fall (Dead Lucky en A B Turbo sou ons eers gejoin het by die gig maar A B Turbo moes uittrek oor een van hul members moes werk by Oppikoppi en Dead Lucky het probleme in die band self so moes toe The Great Apes en Still to Fall intrek maar ek is seker dit gan nogsteeds befok wees) en dan in September het ons 'n Show by die Rock Of Ages festival in Robertson wat ek dink gan fokken own! Dis naby aan waar ek en George groot geraak het en ons ken heelwat mense daar, dink dit gan n' befokte party wees. Vir ander gigs tussen in hou maar net ons Facebook Page dop.

Ons is ook gevra (ekt nounet die sms gekry actually) om by die een venue optetree, (Gan maar nie die naam noem nie) en hulle het gese ons moet daar kom speel ,hulle sal vir ons iets orginize om te breek op stage, haha wat nogal weird is, ek dink nie dis sommer iets wat elke dag gebeur nie , dat die venue half vra dat jy iets moet breek op stage asof ons uitgan daarop om stuff te breek, Ek meen yeah ons het al n paar goed gebreek maar dis nie rerag asof ons dit sit en beplan voor die tyd nie, Johan is maar gewoontlik in so mindset op stage dat ek dink hy nie rerag altyd seker is wat hy doen nie, daar het al 'n paar wille goed gebeur en goed wat 'n paar venues baie ongelukkig mee was ( Of so hoor ek na die tyd ) ek weet van die een gig wat ons gespeel het toe is daar sulke tafeltjies langs die kant waar mense nou kan sit en kuier en drink of whatever en Johan besluit toe om bo op een te gan spring, waar 4 jong dametjies sit en n drankie geniet, en in hul gesigte te sing, Sy hemp afteskeer en net fokken afgan, ek dink nie die dametjies was te impressed met dit nie en so ook nie die owner nie, haha wel wat het hulle verwag ons gan net rondstaan op stage en soos 'n indie band lyk?

Anyway terug na die meer belangrike goed, Ons beplan al vir n ruk lank om 'n EP te gan record en toe finally met Neil Basson van Foto Na Dans in kontak gekom, met hom gepraat en besluit om 'n meeting op te stel. Ons het hom gisteraand in Rafiki's ontmoet en die hele idee met die EP en wat ons wil he en al sy besigheids dinge en als bespreek , Ons Demo cd vir hom gegee , wat in my en George se sitkamer gerecord is, en wag nou maar om te hoor wat hy dink van die songs en wat sy opinie is op als, As die deal deurgan , sal ons in seker so 3 weke se tyd begin om 'n 4 Track EP te record in Kalahari Cosmos Studios in Bellville ( Of Durbanville iewers ) met Neil as die Engineer, Foto na Dans se nuwe album is ook daar gerecord. Die EP sal bestaan uit 2 ouer songs van ons wat al 'n rukkie ankom en heelwat by ons gigs gespeel is en dan 2 nuwe songs waar die een nog nie eers klaar is nie, maar ons weet hy het groot potensiaal.

Ons speel ook dan al met n paar idees vir Music Videos en kry solank pricing en stuff , So ek dink in die volgende paar maande kan julle 'n music video verwag en die EP sal ook binnekort beskikbaar wees.

Anyway ek moet weer pak so geniet julle tyd. Ek sien vir julle op n latere staduim weer.
Jan

Friday, March 26, 2010

Die Groot Stilte

Hey Almal , Jan hier. Ek sit en luister na 'n klomp Aribs wat bid , toe dink ek dis die perfekte tyd om 'n diep meaningful en baie persoonlike post te maak op ons blog...

Ons was vir 'n hele lang tyd stil gewees maar ons was nie rerag stil gewees nie , dinge in Die Gunstons HQ het nooit stil gestaan nie. Ons het 'n hele paar nuwe songs wat een van die dae op stage gespeel gan word en ons gaan 'b recording en 'n music video uitbring in die nabye toekoms. Maar yeah verder het ons lekker geparty en 'n paar gigs al gespeel.

Ek wil veral een gig uitwys van die res. Ons het 'n gig gespeel by Mercury so ruk terug wat rerag die lekkerste awesomeste gig was wat ek nog gespeel het, Ongelukkig kon Wian nie die aand gespeel het nie maar ons het toe vir Cassie van I & Ion gevra om daai aand vir ons bass te speel.
Dit was een awesome gig gewees, Dit het nogal gevoel of dai klein venuetjie net kleiner geraak het soos ons verder in ons set ingegan het, Johan het weer 'n paar onnatuurlike dinge aangevang soos op die conters klim , stripper pole klim en 'n fokken midget op die stage op dra en met hom onder sy arm sing n stuff... :-) interesante aand gewees.
Back to Vinyl en Chaos on the Sun het saam met ons gespeel daai aand en ek moet se al die bands was rerag fokken goed gewees en dit was net een van daai legendary aande.

as vrydag 19maart het ons by MuZone weer gespeel. Was nie 'n bad gig gewees nie. na die tyd het ons saam met Johan van I & Ion, Wessel en Michelle van Back To Vinyl by Buckleys ge-party , was 'n rowwe aand en as gevolg van daai aand is al ons gear nog by ons vriend Herman se huis... hopelik.

Ons speel die naweek wat kom 3 gigs in 3 dae 2 April by Hidden Cellar in Stellenbos , 3 April by Purple Turtle in die stand en 4 April by Noisefest by ROAR in Obs. Dink dit gaan n befokte 3 dae wees. Speel dan ook die 21ste April saam Dead Lucky by mercury waarna ek baie uitsien, wou nog altyd samet hulle gejam het. en die 10de Mei speel ons weer samet Back To Vinyl en Chaos on the Sun by Mercury, Hoop dis weer so befok soos laas!

Verder het ek nie rerag iets om te se nie, behalwe lat die aribs nou nogal op my nerves raak, Dis daai bid sing stuff maar fokken vals. anyway ek dink dis eers dit vir my.

gaan nou huis toe pak en regmaak om vanaand The Mochines,Juggernaught en L.A.Cobra te gan check .

Keep it real folks
Jan

Saturday, January 2, 2010

Ons befokte tyd aan die weskus!

Hey almal , dis Jan hier ek gaan julle biekie vertel van ons tydjie aan die weskus en sulke shit, Ek en George het vertrek opad Vredendal toe op die 26ste , ons het heelwat verdwaal en verkeerde afdraaie gevat maar ons het toe Vredendal bereik so 5 ure later, en Johan was baie opgewonde om ons te sien.. soos hy ma oor als is.
Ons het die aand by sy ouer huis spandeer en toe die volgende dag na die veld vertrek waar ons vir 'n paar dae aan nuwe songs gewerk het.
Dit is basies 3 huisies in die middel van nerens , mens kan niks sien rondom jou nie net die veld vir baie ver, met hierdie ongelooflike stilte, wat ons gebreek het met ons tunes.
Daar is nie krag by hierdie huisies nie so ons het 'n generator gehad wat ons moes opstart as ons die amps wou anhe .
Die aande in die veld was amazing , mens kan niks sien vir kak ver nie net veld en in die verte le vredendal se liggies, Wolklose nagte met die sterre bo ons koppe , om die kampvuur het n paar wille en biekie weird gesprekke uitgekom. Dink nie dit was net ons wat gepraat het nie... Ons het so 2 nuwe songs complete en biekie aan die ander wat ons het ook gewerk , en dan is daar so paar halwes wat nog moet klaar.

Ons is toe een oggend in kennis gestel van Jimmy "The Rev" van Avenged Sevenfold se dood.
Ons was almal nogal pretty sad gewees daaroor. maar ons het maar net die dag se jam opgedra aan The Rev.

Herman Tolken het toe vir ons kom kuier in die veld en die aand daar spandeer.
hy het ons nuwe songs geluister en met 'n smile op sy gesig gese...
ek kan nie rerag onthou nie maar ek dink dit was iets soos dis befok of iets.

Daar het heelwat ander stuff gebeur wat ek nie nou gan mention nie.

Ons was toe vir newyears na Strandfontein toe , Kief klein dorpie met nog die ou see dorpie feel,het dit baie geniet daar , die aand het soos enige newyears maar net handuitgeruk en ek kan nie rerag als onthou nie ek onthou net iewers was drinking games, 'n moerse klomp roosblare in my dop ,wat nogal mooi gelyk het ,een of ander kuier plek , en toe die beach vroeg die oggend, het 'n klomp awesome mense ontmoet en dit was seriously n befokte newyears gewees.

Ek en george het toe ons trip huis toe nie baie geniet nie want dis kak ver... en ons was nogal moeg.

Ons sien uit na wat 2010 vir ons kan inhou en wat als gan gebeur,
Hoop om julle gou iewers by 'n venue te sien.

Christiaan