Monday, September 27, 2010

Naweek van die Culture Clash.

Goeie naand.

Ek sit en tik hierdie blog entry uit my flat in die kaap waar ek sit en terugdink oor een van die beste naweke
van 'n lang tyd. Ek en George het sopas "Get him to the greek" gekyk , awesome movie, en nou luister ek maar na "Rockstar" van Nickelback en
wonder maar net oor wat hy rerag bedoel met daai lirieke en wonder of tong in die kies sarkastiese lyrics nie meer die punt van die song was nie.

Maar terug na die dinge wat meer saakmaak.
Donderdag middag so uur na ek en George eintlik wou verlaat vir stellenbos het ek buite gestaan en gewag vir hom toe daar 4 vliegtuie met liggies op die vlerke met 'n groot geraas
oorkop gevlieg het en gevolg is deur 5 ander wat in mooi formaat gevlieg met liggies meer helder as die wat voor hul gekom het, ek het hierdie gevoel gekry asof hulle die opening ceremony was vir 'n naweek vir die boeke.
Die band het die naweek saam spandeer in stellenbos saam in Johan se flat.
Ons was gejoin deur Herman een van die band se beste vriende en 'n paar meisies wat agter ons staan as dinge begin hand uitruk, en soms ons net van die wal af in die sloot in help, maar dis als "in the good name of Rock n Roll."

die eerste aand het ons Foto na dans gaan kyk in klein libertas en na die tyd biekie geparty daar maar
als het goed uitgedraai op die einde en almal was oraait die volgende oggend toe 3 ouens en een meisie wakker geraak het in dieselfde kamer met die vroeg oggend son wat deur die ruite kom
en kort daarna johan se interresante oggend gesig wat ons almal groet uit sy kamer.
Braai dag was gevuur met breakfast by Bohemia net voor ons 5h bandpractice by Tunes, en die aand later het ons tog attempt om 'n stuk wors te braai, wat ek anyway moes handle aangesien niemand anders rerag in staat was om te braai nie... meaning skills.

Saterdag 25 September :

Die dag van die Tunes gig by Hidden Cellar waarna ons al 'n ruk uitsien.
Ons het nie mense in 'n ry sien staan buite nie en ons was nie aangeval deur klomp mense met kameras en penne en papier nie maar ek het hierdie gevoel oor my gehad
dat ek geweet het hierdie aand gan fokken awesome wees. en dit was nie net omdat ons te laat was om net daai biekie te dronk te raak om te speel nie maar daar was net 'n ander atmosfeer in die lug wat
graag wou uitbreek oor die mense in daai venue daai aand. En die aand het toe glad nie teleurgestel nie.
Ons het die eer gehad om die awesome band Chaos on the sun te check , en dis nie omdat ek gewoon het saam met die 2 members nie maar hulle is een van die
mees underrated bands in die land, enigeiemand wat rerag into rock n roll en proper music met attitude is, behoort hierdie band te sien.
ons het ook emboldened en die alive drum & bass trio gesien wat nogal my mind geblow het, 'n ongelooflike drummer, bassist en 'n dude op 'n synth wat live drum n bass maak dat tot ek en george begin groove het op dit,en ons is nie rerag die tiepe wat dans nie maar kon net nie dit resist nie, weet nie of dit die drinks was na ons gejam het wat dalk toe saam met die love for music was wat kleur begin wys het nie.

Ons show was ook befok gewees, afgeskop met 'n intro wat almal stadig nader getrek het soos dit nader aan die set gekom het , en mens begin besef , "fok nou is ek in hierdie show en daar is no turning back , so kom ons rock net die motherfucker fucked up." en om te sien hoe die mense dit geniet vanuit die die beste seat in die venue was rerag iets om te beleef. Ons het wel nie 'n bra op stage gekry soos die laaste gig by die robertson fest nie , maar dit was een om te onthou.
later die aand na dronk geselsies op badkamer vloere , coffee tequila , mystics , en toe bohemia se deure ons op die ass slaan is ons deur die drivethru waar colenel burgers en vele meer ook bestel is maar nooit gekry is nie is ons terug na Johan se flat toe en The Rolling Stones het nog nooit die ecstacy van die aand so gevoed soos toe nie, Ongelukkige housemates sal seker nie verstaan nie maar
daar was geen stop aan die gees wat die aand in ons gesit het nie.

Sekere Indie kids sal seker nie saamstem dat die aand almal se cup of tea was nie maar in die geval moet hul maar hul cup of tea geniet terwyl ons nog n black label sal afsluk.
Sondag oggend of wel laat oggend / vroegmiddag het afgeskop met die soektog na kos wat mens effe beter sal laat voel oor jouself en meskien die ongesonde vuil gevoel in jou lyf en in jou are kan beter maak, maar dit was n fail. Zebros het toe maar gedoen wat dit kon aan die gevoel , maar die gevoel van die show en naweek wat reeds verby is kon dit nie beter maak nie want dit was net biekie te great.

en toe na ‘n onderbroek van ‘n lyf verwyder is sonder om die broek te verwyder en stay soft oor vreemdelinge se karre en my broek en skoene het ons almal terug gekeur vir 'n nuwe week wat voorle.
As die lewe maar net kon gebly het soos die naweek sal ons almal baie gelukkiger gewees het, oh well "We all just wanna be big Rockstars."
Maar daar is altyd volgende naweek om na uit te sien.

Jan Die Gun.