Saturday, December 19, 2009

R.O.A.R met The Sleepers en The Ragdolls

Dag sĂȘ!

Gisteraand se gig samet The Ragdolls en The Sleepers was befok befok!
awesome bands, thanx julle...

Ons wil ook n special dankie se aan Kyle (The Ragdolls) en Adam (The Sleepers) sonder hulle sou ons gig nie moontlik gewees het nie, George het n string gebreek in die eerste song en het toe Adam se guitar gebruik om die set klaar te speel. en Jan het op Kyle se snare gespeel.
Ons het die ander bands na ons set gekyk en ek moet se dis 2 amazing bands! Die sound was ook awesome gewees, soos altyd in R.O.A.R.

Die aand het verder biekie hand uitgeruk. Ons was nog suppose om mercury toe te gan ... maar het toe nooit da uitgekom nie.

Ons is nou eers klaar gegig vir die jaar...
Ons gaan onself vir `n tyd lank in `n veld bevind, waar ons aan ons huidige songs gaan werk en ook aan nuwe material.

Volgende jaar gaan nog meer befok wees en groot dinge wag!
Thanx vir die support fokkers!

Tot volgende jaar!

Die Gunstons

Friday, December 11, 2009

WEEKEND!

Jan hierso , ek sit by die werk en weet nie wat om te doen nie toe dink ek , ek gaan maar n post maak op die blog... vir as iemand dit lees en wil weet wat angan in die band.
Ek sit en luister na The Hives op die oomblik en ek lovit!
Soos julle almal weet dit is vrydag en dit maak ons gelukkig.
Vir 2 redes.
1. wel.. dis naweek
2. George het gister (Donderdag) verjaar en ons gan saterdagaand biekie party.

Ons is huidiglik besig om aan nuwe material te werk. So kyk uit na die volgende paar gigs wat opad is daar sal nuwe songs binnekort gejam word, en ag, 'n klomp ander shit wat gemis moet word nie. so maak seker jy kom af na een van ons gigs toe, en laat ons jou mind blow.

Ons speel die komende Woensdag by die Crancked Fest wat by MuZone gehou word , behoort n befokte party te wees, ons speel 12h die Woensdagaand. MuZone is n huge en awesome venue!
En dan Vrydagaand speel ons saam met The Ragdolls en The Sleepers by R.O.A.R in obz, Dit behoort n great show te wees, The Ragdolls en The Sleepers is 2 amazing bands, trust my jy wil hulle nie mis nie.

Anyway ek moet seker terug aan die werk kom, sal later weer vir julle mooi mensies ietsie post.

Keep it real!
JAN

Saturday, December 5, 2009

Gig by Kunskafee.

Awe

Vanaand was ons gig met Snare van die suburbs en Abel kraamsaal by Kunskafee.
Die gig het fokken awesome afgeloop. vriende gemaak met die ander band en 'n paar doppe te veel geneem maar het dit fokken baie geniet en shit het weer hand uitgeruk!
Ons wil dankie se aan die ander performers en almal wat betrokke was! Dankie Herman vir die leen van dai super Dean guitar van jou. Oh Pierre van Snare van die Suburbs het my n mooi foto belowe... ek wag nogsteeds!
Die aand verder het by Gandalfs opgeeindig en toe biekie ander shit.
Jan.

Johan is hier om die res van die storie te vertel.

-
Goeienaand fokkers
ek is geclamp, toe scheme ons dit gan `n smooth move wees as ons my wiel net omruil...
dit het gewerk ma nou stres ek balls dat ek gearresteer sal word baha
eks kak negatief
hoe kan `n clamp so befokte aand so maklik opfok?
fok hulle
fok

ma ja
mooi bly maters en laat dit juig

Eerste inskrywing

Hey almal.
Die Gunstons hier , ons lam dit ma uit hier in Jan se flat.
Kyk videotjies en eet barcellos
William is ook hier , besig met een of ander information systems thing.
Anyway aangesien dit ons eerste post ooit is wil ons net dankie se an die paar mense wat dit gan lees. Ons sal seker heelwat posts maak hier van upcoming gigs en al daai tipe shit, stuff wat jul rerag nie wil hoor nie , gan ons hier post.

Vanaand speel ons saam met Snare van die Suburbs & Abel kraamsaal in Kunskafee.
Behoort 'n awesome gig te wees. Laas toe ons da was het ons biekie kak aangejaag , stage gebreek , mic stand gebreek ... dink nie die mense was te impressed nie , maar dit was steeds 'n befokte gig. Ek weet ons 5 true followers het dit geniet!

Peace & Manlove