Tuesday, August 3, 2010

Nuwe Material , Cherrypop en die idee van 'n EP.

Dis vroeg vroeg in die oggend en ek het besluit dis dalk tyd om weer iets op Die Gunstons se blog te skryf aangesien hy nou al stil is vir 'n lang tyd, Nie dat ek dink daar is menigde mense wat dit actually lees nie maar ek weet van so paar so ek skryf maar iets vir hulle .
In die laaste tyd het ons 'n paar gigs gespeel by 'n paar plekke en dit was nie te kak gewees nie, lekker eventvol gigs gehad en na dit was daar weer 'n effe van 'n stilte toe van die manne in die band die xamz aangevat het en ek en george toe meeste van ons tyd spandeer het om biekie an ons ou songs te werk en nuwe material het ook die lig gesien wat met die help van die res van die band tot die lewe gebring is. Van Die nuwe material het heel goeie feedback gekry van close vriende van ons af en mense wat ons ken wat ons dit voor gespeel het en glo van die songs gan nog 'n ver pad gaan, maar ons sal maar sien wat gebeur , ek ,vir een , is baie positief.

In die laaste paar maande het die reel van gigs en die praat met venues nogal overwhelming geraak vir my en die res van die band aangesien almal ander dinge ook het wat in hul lewens angan en ek werk elke dag, en ons het toe belsuit dat dit sal maybe 'n goeie idee wees om iemand wat die industry so biekie ken en baie contacts het ook onboard te bring met Die Gunstons, Martinette van Cherrypop Band & Event management het toe in kontak gekom met ons, het biekie die band bespreek en gepraat oor wat ons soek en wat sy ons kan bied.
handtekeninge het die papier gesien en ons het nou officially a booking agent en dinge lyk of dit gaan begin optel, Ons het 'n paar groot gigs wat opkom in die volgende tyd en hoop wel om van julle daar te sien , Ons speel Vrydag 6 Aug Mercury Live saam met The Great Apes en Still to Fall (Dead Lucky en A B Turbo sou ons eers gejoin het by die gig maar A B Turbo moes uittrek oor een van hul members moes werk by Oppikoppi en Dead Lucky het probleme in die band self so moes toe The Great Apes en Still to Fall intrek maar ek is seker dit gan nogsteeds befok wees) en dan in September het ons 'n Show by die Rock Of Ages festival in Robertson wat ek dink gan fokken own! Dis naby aan waar ek en George groot geraak het en ons ken heelwat mense daar, dink dit gan n' befokte party wees. Vir ander gigs tussen in hou maar net ons Facebook Page dop.

Ons is ook gevra (ekt nounet die sms gekry actually) om by die een venue optetree, (Gan maar nie die naam noem nie) en hulle het gese ons moet daar kom speel ,hulle sal vir ons iets orginize om te breek op stage, haha wat nogal weird is, ek dink nie dis sommer iets wat elke dag gebeur nie , dat die venue half vra dat jy iets moet breek op stage asof ons uitgan daarop om stuff te breek, Ek meen yeah ons het al n paar goed gebreek maar dis nie rerag asof ons dit sit en beplan voor die tyd nie, Johan is maar gewoontlik in so mindset op stage dat ek dink hy nie rerag altyd seker is wat hy doen nie, daar het al 'n paar wille goed gebeur en goed wat 'n paar venues baie ongelukkig mee was ( Of so hoor ek na die tyd ) ek weet van die een gig wat ons gespeel het toe is daar sulke tafeltjies langs die kant waar mense nou kan sit en kuier en drink of whatever en Johan besluit toe om bo op een te gan spring, waar 4 jong dametjies sit en n drankie geniet, en in hul gesigte te sing, Sy hemp afteskeer en net fokken afgan, ek dink nie die dametjies was te impressed met dit nie en so ook nie die owner nie, haha wel wat het hulle verwag ons gan net rondstaan op stage en soos 'n indie band lyk?

Anyway terug na die meer belangrike goed, Ons beplan al vir n ruk lank om 'n EP te gan record en toe finally met Neil Basson van Foto Na Dans in kontak gekom, met hom gepraat en besluit om 'n meeting op te stel. Ons het hom gisteraand in Rafiki's ontmoet en die hele idee met die EP en wat ons wil he en al sy besigheids dinge en als bespreek , Ons Demo cd vir hom gegee , wat in my en George se sitkamer gerecord is, en wag nou maar om te hoor wat hy dink van die songs en wat sy opinie is op als, As die deal deurgan , sal ons in seker so 3 weke se tyd begin om 'n 4 Track EP te record in Kalahari Cosmos Studios in Bellville ( Of Durbanville iewers ) met Neil as die Engineer, Foto na Dans se nuwe album is ook daar gerecord. Die EP sal bestaan uit 2 ouer songs van ons wat al 'n rukkie ankom en heelwat by ons gigs gespeel is en dan 2 nuwe songs waar die een nog nie eers klaar is nie, maar ons weet hy het groot potensiaal.

Ons speel ook dan al met n paar idees vir Music Videos en kry solank pricing en stuff , So ek dink in die volgende paar maande kan julle 'n music video verwag en die EP sal ook binnekort beskikbaar wees.

Anyway ek moet weer pak so geniet julle tyd. Ek sien vir julle op n latere staduim weer.
Jan

No comments:

Post a Comment