Saturday, January 2, 2010

Ons befokte tyd aan die weskus!

Hey almal , dis Jan hier ek gaan julle biekie vertel van ons tydjie aan die weskus en sulke shit, Ek en George het vertrek opad Vredendal toe op die 26ste , ons het heelwat verdwaal en verkeerde afdraaie gevat maar ons het toe Vredendal bereik so 5 ure later, en Johan was baie opgewonde om ons te sien.. soos hy ma oor als is.
Ons het die aand by sy ouer huis spandeer en toe die volgende dag na die veld vertrek waar ons vir 'n paar dae aan nuwe songs gewerk het.
Dit is basies 3 huisies in die middel van nerens , mens kan niks sien rondom jou nie net die veld vir baie ver, met hierdie ongelooflike stilte, wat ons gebreek het met ons tunes.
Daar is nie krag by hierdie huisies nie so ons het 'n generator gehad wat ons moes opstart as ons die amps wou anhe .
Die aande in die veld was amazing , mens kan niks sien vir kak ver nie net veld en in die verte le vredendal se liggies, Wolklose nagte met die sterre bo ons koppe , om die kampvuur het n paar wille en biekie weird gesprekke uitgekom. Dink nie dit was net ons wat gepraat het nie... Ons het so 2 nuwe songs complete en biekie aan die ander wat ons het ook gewerk , en dan is daar so paar halwes wat nog moet klaar.

Ons is toe een oggend in kennis gestel van Jimmy "The Rev" van Avenged Sevenfold se dood.
Ons was almal nogal pretty sad gewees daaroor. maar ons het maar net die dag se jam opgedra aan The Rev.

Herman Tolken het toe vir ons kom kuier in die veld en die aand daar spandeer.
hy het ons nuwe songs geluister en met 'n smile op sy gesig gese...
ek kan nie rerag onthou nie maar ek dink dit was iets soos dis befok of iets.

Daar het heelwat ander stuff gebeur wat ek nie nou gan mention nie.

Ons was toe vir newyears na Strandfontein toe , Kief klein dorpie met nog die ou see dorpie feel,het dit baie geniet daar , die aand het soos enige newyears maar net handuitgeruk en ek kan nie rerag als onthou nie ek onthou net iewers was drinking games, 'n moerse klomp roosblare in my dop ,wat nogal mooi gelyk het ,een of ander kuier plek , en toe die beach vroeg die oggend, het 'n klomp awesome mense ontmoet en dit was seriously n befokte newyears gewees.

Ek en george het toe ons trip huis toe nie baie geniet nie want dis kak ver... en ons was nogal moeg.

Ons sien uit na wat 2010 vir ons kan inhou en wat als gan gebeur,
Hoop om julle gou iewers by 'n venue te sien.

Christiaan

No comments:

Post a Comment